Welkom by Impies!
![]() Lees meer |
![]() Lees meer |
![]() Lees meer |
|
|
Beste Impie-ouers Baie welkom by die bekendstelling van ons “nuwe” Webblad! Ons is baie trots op die pragtige uitleg en kleurvolheid van die Spogblad. Baie dankie aan Juicy Berries Design wat die tuisblad vir ons vernuwe het. Ons nooi al ons Impie-ouers uit om ons webblad op ‘n gereelde basis te besoek. Ons vertrou dat u voortdurende opdaterings sal sien. U sal ook ‘n skakel na “Facebook” en “Kommunikeerder” op ons tuisblad vind. Besoek gerus die sosiale netwerk en kommunikeerder en word deel van die Impie-gesin.
Aan alle voornemende ouers wat ons Spogblad besoek welkom aan u. Vergewis uself gerus rakende ons skool se Christelike etos, ons hoë akademiese standaarde, ons gebalanseerde deelname aan sport en kultuur, ons positiewe ons-gee-om dissiplinêre stelsel asook ons Afrikaanse taal en kultuur.
Impieland-Spogland beskik oor puik fasiliteite, pragtige klaskamers en ‘n besonderse goed toegeruste Gr R – Sentrum. Impala is die skool in Kempton Park waar ‘n kaalvoet kind nog ‘n kind kan wees. Ons glo daaraan dat elke kind volgens sy eie Godgegewe talente moet ontwikkel. Ons glo ook aan gelukkige personeel - gelukkige kind – gelukkige ouer verhouding.
Ek wens u almal sterkte toe vir 2012. Dit gaan ’n jaar vol uitdagings wees. Ons nooi u elkeen uit om positief meelewend te wees rakende ons Spogskool en dat u dan ook Impieland baie positief sal beleef. Impiegroete Theo Gouws Hoof
|
|||
![]() Lees meer |
![]() Lees meer |
![]() Lees meer |
|
Dankie aan ons Borge!
![]() |
DROS Wimpy Davis |
![]() |
BRAVE HAWK SPUR Tel: 011 972 5441 Faks: 011 972 5442 |
![]() |
QUICK BOOKS 0861 726 657 |












