• image
  • image
  • image
  • image
  • image
  • image

Laerskool Impala beskou dit as ‘n baie groot voorreg om in ‘n posisie te wees waar ons kan help om  ‘n verskil in ons gemeenskap te maak. Dit is vir die Impies ‘n baie groot voorreg om, soos vorige jare, betrokke te wees by Herfsland. Laerskool Impala is bewus dat daar baie bejaardes in ons gemeenskap is wat finansiële nood ondervind.

Ons verwagtinge is vanjaar weereens oortref deur die oop hand van die Impie ouergemeenskap en die bereidwilligheid wat hulle openbaar om ‘n verskil te maak. Ons is ongelooflik dankbaar vir die bydrae van ons ouergemeenskap, waarsonder Impala se bydrae aan Herfsland nie moontlik sou wees nie.

Ons opregte dank!

 

 
 
          
          
 

  

LAERSKOOL IMPALA WAAR ONS LAG, LEEF EN DROOM IN GELOOF