• image
  • image
  • image
  • image
  • image
  • image

Sport – 1stes in Impies geskiedenis

Laerskool Impala het 'n trotse geskiedenis en streef na uitnemendheid op akademiese-, kultuur- en sportgebied. 2018 was beslis 'n besonderse jaar vir die Impies se verskeie sportkodes. Sportspanne het saam gegroei en uitstekend presteer.  Individue het op verskeie gebiede die Impies se naam hoog gehou en hoë hoogtes in sport bereik, van Suid-Afrikaanse kampioene tot Suid-Afrikaanse spanne wat behaal is. Laerskool Impala is ongelooflik trots op elke Impie en afrigter wat hierdie jaar met soveel passie en ywer aangepak het. Dit sluit perfek aan by 2018 se jaartema: Ek is 'n Spog-Impie ambassadeur! Lees meer oor die "eerstes in Impies se geskiedenis" wat in 2018 behaal is.

Atletiek: 

Twee Olimpiese atlete het ons skool kom besoek – Le Roux Hamman en LJ van Zyl. 1ste Jaar dat ons aan die Top 20 byeenkoms deelgeneem het en 1 atleet het ook nuwe Top 20 rekord, Lukas Janse van Rensburg (verspring). Caylin Olivier (gewigstoot) aangewys as die beste dogtersveldatleet by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe – 1ste keer dat ‘n atleet by Impala dit ontvang.

Krieket:

Twee spanne wen Super-liga, asook Oos-Gauteng finale (O/9A en 1ste Span). Eerste keer dat ‘n O/10 seun vir die O/11 Oos-Gauteng span gekies is (Guillaume Botha). 

Hokkie: 

Eerste jaar dat ons skool se hokkiespanne gaan toer het. Eerste keer dat ‘n getroude paartjie, elkeen ‘n 1ste span afgerig het en beide liga-naaswenners was. Mnr. en Me. Hageman (1ste seuns-span en 1ste dogters-span)

Skaak:

Eerste keer dat ‘n O/9 skaakspan die liga wen en 9de in Gauteng (uit 20 skole) eindig.

Hengel:

1ste jaar dat ons ‘n Suid-Afrikaanse hengelaar het, Juan Schlebusch. Hy het SA in Namibië verteenwoordig. Dit is die eerste keer dat ons 1ste-span die liga gewen het.

Ringbal: 

1ste jaar dat ons 7 SA spelers het. Dit is die eerste jaar dat ons ringbalspanne hul eie kleredrag het en dat ons 1ste span ge-cap is. Die ringbalgetalle het ook gegroei, vanaf 2 spanne verlede jaar na 4 spanne in 2018.

Golf: 

1ste Jaar dat ons in die A-liga gespeel het en liga-naaswenners was. Dit is ook die eerste keer dat ons 1ste-span deurdring na die Interprovinsiale kampioenskappe en dat ons die IPS telling by die kampioenskappe gewen het. Ons het ook hierdie jaar 2 Oos-Gauteng spelers gehad. 

Rugby:

1ste Jaar dat ons ‘n Valke 7’s speler het, Juan Schlebusch.

Volleyball:

1ste jaar wat ons junior/ mini-volleyball spanne gehad het.

Jukskei:

Hierdie jaar het ons gegroei van 48- na 88 spelers en is dit die eerste jaar dat ons skool aangewys is as die Oos-Gauteng jukskei skool van die jaar. Dit is die eerste jaar dat ons 1ste-span die liga gewen het, aan Noord-Vaal gaan deelneem het en tweede geëindig het. Hierdie jaar het ons ook die meeste Oos-Gauteng spelers gehad (7).

Nuut gebou/ gemaak:

Nuwe verspringputte, krieketnette, gewigstoot- en diskussirkels. Pragtige nuwe sporthemde vir die kinders.

2019, Hier kom ons!

 

 

 
 
          
          
 

  

LAERSKOOL IMPALA WAAR ONS LAG, LEEF EN DROOM IN GELOOF