• image
  • image
  • image
  • image
  • image
  • image
  • image

Die Natuurwetenskap/ Tegnologie afdeling van die Gautengse Dept. van Onderwys het vanjaar weer die “Jaguar Primary challenge” aangebied. Laerskool Impala wat laasjaar as die algehele wenners was, het weer vanjaar aan hierdie kompetisie deelgeneem. Dit het plaasgevind by Sci-bono in Johannesburg. Gauteng is die enigste provinsie wat hierdie kompetisie aanbied. Skole van regoor die wêreld neem deel aan hierdie opwindende kompetisie. Laerskool Impala het dus die Gauteng Provinsale resies, op 1 Desember 2018, gewen uit 25 skole wat deelgeneem het. 

Die unieke ontwerp van die karretjie, die kuipe, voorlegging, aanbieding en tegniese data is weer deur Mnr. Armandt du Preez, intensief nagevors en volledig opgestel.

Hierdie kompetisie behels die ontwerp en bou van die vinnigste moontlike kar na aanleiding van ‘n reeks vereistes waaraan dit moet voldoen.

“Team Fearless” 

⦁ Claire van Vuuren-Spanbestuurder

⦁ Sonja Posthumus-Grafiese ontwerper

⦁ Ruben Terkketti-Vervaardigers ingenieur

⦁ Ruanco Ueckermann-Ontwerpers ingenieur

⦁ Divan de Vries-Ontwerpers ingenieur

Hierdie span tree uit as algehele wenners van Distrik en van Gauteng in die volgende afdelings. 

1. Beste ingenieurs kar 

2. Beste voorlegging 

3. Beste voorstelling van kuipe 

4. Beste tyd vir die hele kompetisie

Verlde jaar het ons span die wêreldrekord tyd gebreek wat in 2016 deur Australië aangeteken was met ‘n tyd van 0.916 sekondes. Hulle nuwe rekord tyd was 0.836 sekondes. Hierdie jaar het ons ongelooflike span weer die wêreld rekord gebreek met ‘n nuwe rekord tyd van 0,782 sekondes. 

Hierdie is regtig ‘n besonderse prestasie, en ons wil vir Mnr. Armandt en sy span hartlik geluk wens. 

 

 

 
 
          
          
 

  

LAERSKOOL IMPALA WAAR ONS LAG, LEEF EN DROOM IN GELOOF