• image
  • image
  • image
  • image
  • image
  • image
  • image

 

Impies Superheroes kaskardag 2020

Laerskool Impala se tradisionele kaskardag sal vanjaar reeds vroeg plaasvind. Hierdie beoog om weer ‘n dag en kompetisie te wees wat jy nie wil misloop nie! Dit sal reeds 29 Februarie 2020 plaasvind. Ons beoog om weereens hierdie ons grootste fondsinsameling vir 2020 te maak.

Ons is opsoek na borgskappe of maatskappye wat wil betrokke raak by ons kaskardag. Ons het stalletjies beskikbaar wat gehuur kan word, die kostes is as volg:

9m² = R500      18m² = R1000    36m² = R2000   72m²= R4000

Borgskappe en maatskappye se bemarkingsmateriaal sal op die rugbyveld uitgestal word vir bemarking en volle blootstelling. Saterdag, 29 Februarie gaan regtig ‘n besondere dag wees waar daar kosstalletjies, koeldrank, speelgoed, ens. gaan wees wat deur elke graad beman gaan word. Al die Impies gaan geleentheid kry om kaskarre te ry en daarna die dag saam met hulle familie by ons skool te spandeer. Ons nooi almal uit om hierdie dag by te woon.  

Hierdie is die perfekte geleentheid vir ouers en besighede om ook betrokke te raak by ons fondsinsamelingsprojek.

Ons vra u hartlike samewerking om van hierdie dag ‘n reuse sukses te maak.

Indien u enige navra het, rig dit aan Mnr van Rensburg epos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

 

 
 
          
          
 

  

LAERSKOOL IMPALA WAAR ONS LAG, LEEF EN DROOM IN GELOOF