• image
  • image
  • image
  • image
  • image
  • image

Impala het oor die afgelope jare met leedwese afskeid geneem van Impie-leerlinge en `n geliefde onderwyser wat tydens hulle lewensjare by Impala te sterwe gekom het.

Dit is vir ons as skool, `n eer om ons Impies op hierdie tasbare wyse te kan vereer, en vir hulle `n spesiale plekkie by Impieland te kan gee. 

God, ons Hemelse Vader en Skepper het hierdie Impies vroegtydig kom haal tot hoër diens in sy Hemelse Koninkryk.

Die naamplaatjies wat op die gedenkmuur aangebring is, dien om ons te herinner aan hulle wat nou aan God se regterhand sit.

Mag die mooi herinneringe aan elkeen van hulle, vir ons lewend gehou word deur die muur van herinnering.

Dit is vir ons `n eer en voorreg om eer te bring aan hierdie spesiale groep Impies. 

Kom na my toe, ek het vir julle plek voorberei aan die voete van die Hemelse Vader. 

 
 
          
          
 

  

LAERSKOOL IMPALA WAAR ONS LAG, LEEF EN DROOM IN GELOOF