Een van die tradisies by Laerskool Impala is die Impie vs Onnie netbal wedstryd.Hierdie wedstryd vind gewoonlik plaas op die laaste dag van die tweede kwartaal wanneer die onderwysers topfiks is. Die 0/13 dogters speel die dag ‘n vol netbalwedstryd teen die onderwysers waar die hele skool langs die baan staan en toekyk hoe die onderwysers die wedstryd gewoonlik wen. Hierdie is ‘n groot geesbou geleentheid by Laerskool Impala en elke Impie geniet hierdie dag saam met ons. Die onderwysers het in al die jare van hierdie wedstryd nog net 1 keer verloor in 2009.Hou asb die webblad dop vir die uitslae van hierdie groot wedstryd.

Impie Netbalgroete