Impala beskik oor ‘n Naskool sentrum waar opgeleide dames, onder leiding van Me. Grietha de Villiers, oor die leerders  toesig hou, sodat leerders in ‘n veilige en rustige atmosfeer huiswerk doen.

Die Naskool Sentrum bied die volgende:   

    Hulp met huiswerk in graad verband.

·           Gr. 1 leerlinge het 2 dames en ‘n eie speelgrond apart van die ouer leerlinge.

·           Buitemuurse aktiwiteite op skoolgrond is toeganglik vir almal.

·           Voedsame, ligte middagete, met ‘n vrug en koeldrank.

Die naskool tye is:

13:00 tot 17:30 Maandag tot Vrydag.

Skoolvakansies is ons oop van 7:00 tot 17:30, waartydens ‘n dagprogram gevolg word.  Naskool is gesluit vir die Desember vakansie.

Naskoolgeld:

R620,00 vir die eerste kind, R580,00 vir die tweede kind.

Betaling vir die naskool by die finansiële kantoor, of per EFT.

Dagbesoekers is ook welkom.

 

Vir enige navrae kontak Me.  Grietha de Villliers 081 772 4011

 

 
          
          
 

  

LAERSKOOL IMPALA WAAR ONS LAG, LEEF EN DROOM IN GELOOF