Skoolwapen, -lied, -drag, -ure

Skoolwapen

Ons skoolwapen is hoofsaaklik deur een van ons vorige hoofde, Mnr G Hauptfleisch,ontwerp. Die heraldiese afronding is gedoen deur Mnr de Ridder van Mentor. Die basis is ‘n eenvoudige skildvorm wat in drie dele verdeel is. ‘n Afbeelding van die Impala vliegtuig kom in die onderste en belangrikste gedeelte voor. Hierdie vliegtuig is Suid-Afrika se eerste spuitaangedrewe vliegtuig. In die boonste linkerkant verskyn ‘n pilaar wat standvastigheid simboliseer. Regs daarvan verskyn ‘n boekrol met ‘n veer wat die opvoeding as primêre taak van die skool simboliseer.

Om op te som simboliseer die skoolwapen die volgende:

die Impala vliegtuig waarvan ons skool sy naam ontleen het, die wit boekrol stel geleerdheid en die rooi pen dapperheid voor, terwyl die pilaar karaktervastheid verbeeld.

Skoollied

Waar bloue lug die vlak omspan en

sonneskyn ons streel.

Reik hoog Impala, hoër steeds.

Hier is ons skool ons trots en krag.

verwerf ons kennis hier.

om ons die toekoms in te dra.

Wees vinnig vlytig altyd deur,

Impala ons simbool.

 

Waar kosmos mooi ons velde tooi,

en mielielande groen,

ons aanspoor om van dag tot dag,

hier hard te leer ons bes te doen

in sport en spel en skool

onsself bekwaam en uit te troon

met vreugde en geluk tesaam

hou hoog ons skool se naam

 

Waar steen op steen deur mens gelê

ons dorp en land laat groei

word hier my lewensmuur gebou,

sterk fondament om uit te bloei

in huis en skool en land

met leiding deur Gods Hoër hand.

Ek stap met vas vertroue voort

die toekoms te begroet

Skoolure

Intermediëre en Senior fase

 

Maandae tot Donderdae

07:30 - 14:00

Vrydae

07:30 - 13:00

 

Skool Ure - Grondslagfase 

 

Graad 1 en 2

Maandae tot Vrydae, 07:30-13:00

 

Graad 3

Maandae tot Donderdae, 07:30-13:30

 

Vrydae, 07:30-13:00

Skooldrag

Daar word verwag dat leerlinge elke dag in volle skooldrag die skool sal bywoon.  Alleen skooldrag wat by die amptelike verskaffers verkrygbaar is, word aanvaar.  Dogters word toegelaat om die amptelike langbroek en trui te dra vanaf die begin van die tweede kwartaal totdat dit warmer word.

 

SOMERSDRAG

 

Dogters

Blou en Maroen skoolrok, Swart skoolskoene en blou kort skoolkouse en Maroen of blou linte in dogters se hare.

 

Seuns

 

Grys kortbroek, Geel kortmouhemp en  Swart skoolskoene en grys skoolkouse.

 

 

WINTERSDRAG

 

Dogters

Blou skoollangbroek, Geel langmouhemp, Skooldas, Swart skoolskoene en gryskouse, (of lang vlootblou "tights" - slegs by skoolrokke),  Maroen of blou linte in dogters se hare

 

Seuns

Grys skoollangbroek, Geel langmouhemp, Skooldas, Swart skoolskoene en gryskouse, B2

 

Verskaffers:

Boundary Silk Bazaar, Albatrosweg en Silky Bazaar.

 

Let wel: `n Blou skooltrui, nuwe Impie Dry Mac of effekleurige skoolbaadjie mag op koue dae gedra word.

 

Leerlinge mag in die somer kaalvoet skool toe kom.

 

SKOOLTASSE

 

Graag wil ons asb vir u as ouer vra om te kyk na u kind se tas. Die wielietjie tasse en Cadii tasse is aanvaarbaar by Laerskool Impala vir die Gr 4-7 leerders. By die

 

Gr 1-3 leerders benodig nie daardie tasse nie maar ons verkies die blou tas met afskortings omdat hierdie leerders nie soveel boeke het nie.

 

 

En ons by Impieland verkies veral die regte sportsakke.

 

 
 
          
          
 

  

LAERSKOOL IMPALA WAAR ONS LAG, LEEF EN DROOM IN GELOOF