Ons skoolwapen is hoofsaaklik deur een van ons vorige hoofde, Mnr G Hauptfleisch,ontwerp. Die heraldiese afronding is gedoen deur Mnr de Ridder van Mentor. Die basis is ‘n eenvoudige skildvorm wat in drie dele verdeel is. ‘n Afbeelding van die Impala vliegtuig kom in die onderste en belangrikste gedeelte voor. Hierdie vliegtuig is Suid-Afrika se eerste spuitaangedrewe vliegtuig. In die boonste linkerkant verskyn ‘n pilaar wat standvastigheid simboliseer. Regs daarvan verskyn ‘n boekrol met ‘n veer wat die opvoeding as primêre taak van die skool simboliseer.

Om op te som simboliseer die skoolwapen die volgende:

die Impala vliegtuig waarvan ons skool sy naam ontleen het, die wit boekrol stel geleerdheid en die rooi pen dapperheid voor, terwyl die pilaar karaktervastheid verbeeld.