Laerskool Impala is baie bevoorreg om uitstekende krieket-afrigters te hê. Laerskool Impala se krieket doen ook juis baie beter as ander skole agv `n krieketakademie wat deur Mnr M Jacobs en Mnr G van Deventer gedryf word.

Seuns ontvang een tot een privaat afrigting vir `n volle uur 3 maal per maand. Dit gaan vir ons oor kwalitatiewe afrigting en nie kwantitatiewe afrigting nie. Ons sien `n duidelike verskil aan die seuns wat privaat afrigting ontvang en die wat dit ongelukkig nie doen nie.

Ongelukkig is die afrigters se tye beperk en net `n sekere hoeveelheid seuns kan by hulle oefen.

Kontak hulle gerus om te hoor wanneer daar dalk `n plekkie oopgaan.

Mnr M Jcobs : This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Mnr G van Deventer : This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

 

 
 
          
          
 

  

LAERSKOOL IMPALA WAAR ONS LAG, LEEF EN DROOM IN GELOOF