Skyfskiet is 'n buitemuurse sport wat vinnig besig is om vlam te vat onder Kempton park skool kinders. 

In die ou dae, het die skole wie skyfskiet aangebied het, se leerlinge met .22 kaliber gewere geskiet wat deur die ou SA Weermag Kommando's aan die skole geleen is en ook ammunisie voorsien het. Die praktyk is sowat 20 jaar terug gestop. Skyfskiet by skole is omgeskakel na lug geweer skiet (0.177 kaliber gewere). 

Omdat nie een van die skole in Kempton Park behalwe H/S Birchleigh en H/S Jeugland self die sport aanbied nie, is die Kempieskuts klub onder H/S Kempton Park se vandel so ongeveer 10-12 jaar gelede gestig. Skutse wie vir skole skiet, moet aan SANSSU ( SA Skole Skyfskiet Unie) geaffilieer wees.

Die skutse kan hier hulle ESSU (Oos Gauteng Skole Skyfskiet Unie) klere verwerf (Provinsiele Valke klere), wat dan ook beteken dat die kind sy provinsie in die SA's gaan verteenwoordig

SA skole span kleure  (groen en goud) word verwerf deur of vir BJI (British Jnr International) verkies te word of deur algeheel onder die top 15 per skiet klas te eindig en dan ook die nodige afsnypunte te skiet ….indien daar bv 17 skuts die nodige afnypunte skiet sal slegs die top 15 SA skole kleure verwerf en dieselfde is ook waar indien daar minder as 15 skuts die nodige afsnypunte geskiet

Skutse kan ook vir  SAARA (SA Air Rufle Association) skiet. SAARA is die enigste luggeweer skiet organisasie wat aan SASCOC  geaffilieer is en dus Protea kleure kan toeken …..dit is ook die enigste skiet organisasie waar skuts of Duitsland, of Amerika of BJI toe kan gaan.   

1.      L/S Impala het in 2015 twee graad 7 leerlinge wie die skool se naam gaan hoog hou by die SA's nl. Ruan Botha wie in die Sporter klas deelneem en Vincent Lombard wie in die Veer klas deelneem

Kempieskuts word gevoer deur L/S Impala, H/S Kempton Park  en L/S Kruinsig se leerlinge. 

Oefeninge vind Maandae en Woensdae aande vanaf 17:30 vir 17:45 (skuts moet 17:30 daar wees om uit te pak ens en begin dan 17:45 skiet) tot 19:30 by Kempton Park Primary plaas.  

Daar is 6 kompetisies vir die jaar vir Oos Gauteng, 2 interprovinsiale kompetisies wat gewoonlik in PTA of Brits Geskiet word (Noord Gauteng Ope) en dan is daar ook die SANSSU uitdaging wat in Florida geskiet word as fonds insameling vir die kinders wie gekies word vir die BJI span om in Engeland te gaan skiet in die Britse Bisley skiet kompetisie. 

Nuwe skuts – Benodighede

1.      1)  Geweer .....Airgun Warehouse of Safari & Outdoor


Veer (Gamo Shadow 640) 

Sporter (MPR S400 of CZ 200) 

Presisie (Anschutz 8002 S2, Steyr LG110, Walther LG300 of enige van die ander SANSSU goedgekeurde gewerre)

2.      2)  Skiet mat – nie dukker as 5cm ........blou kampeermat word ook aanvaar (Airgun warehouse of Safari & Outdoor of enige goeie sportwinkel)

3.      3)  Knielrol – Moet opgevul word met rys, droë bone of iets dergeliks (Kempieskuts)

4.      4)  Spotting scope of verkyker – Safari & Outdoor of Blades & Triggers (Eastrand vlooimark)

5)  3 Poot vir die Staan en Kniel Posisie asook kleiner 3 poot vir lê posisie 

6) Kopband & oogblinder (aanknip tipe of kan self een maak) - Airgun Warehouse of Safari & Outdoor

2.      7)  Platpunt 4.5 mm patrone – Kempieskuts (Ons voer tans H&N Final Match patrone in a.g.v. kwaliteit)

3.      8)  Stophorlosie – Boardmans

4.      9)  Geweertas of sak - Airgun Warehouse of Safari & Outdoor

10.  10)  Handskoen (Opsioneel) - Airgun Warehouse of Safari & Outdoor Airgun Warehouse of Safari & Outdoor

11.  11)  Belt & Hanstop (Opsioneel – Kempieskuts)

12.  12)  Duik silinder (300 Bar) + Konneksie vir gassilinder (Prestige Dive Boksburg of Safari Outdoor)

13.  13)  Skiet staander met plek vir stop horlosie, rusplek vir geweer asook plek vir patrone – Kempieskuts

14.  14)  Veiligheidskoord (Weedeater lyn)

15.  15)  Tas om alle benodighede in te vervoer

16.  16)  Platsool skoene 

Ander kostes betrokke by die sport bo en behalwe die aankoop van die toerusting

5.      1)  Maandelikse Kempieskuts fooi – R200 vir 1ste skut en R150 vir die 2de skut vanaf dieselfde familie / maand betaalbaar vir die maande van Februarie tot September

6.      2)  SANSSU Proewe = R60 / proef ....Daar vind 6 proewe tot die 1ste week in Sept plaas d.w.s. min of meer 1 per maand waarvan die skut ten minste 2 in die 1ste helfte van die jaar en 2 in die 2de helfte van die jaar moet deel neem om vir SA’s in aanmerking geneem te kan word

7.      3)  SANSSU (South African School Shooting Union) registrasie gelde = ± R500 jaarliks

8.      4)  Brandstof om by kompetisie perseel te kom ....gewoonlik te Brakpan

9.      5)  SA’s registrasie fooi - ± R700 (Sluit dinee fooi in vir die skut) 

Vir enige verdere inligting of om kinders in te skryf vir die Kempieskuts Skyfskiet klub, kan ouers gerus ons afrigter Timmy Botha of die span bestuurder Ludwig 

             Timmy Botha 0823372592

             Ludwig Haussamer 0824426763

 

 

 
 
          
          
 

  

LAERSKOOL IMPALA WAAR ONS LAG, LEEF EN DROOM IN GELOOF