Ons Impala leerders swem tans vir die ESP klub, en hulle afrigter is Debbie McGee van die McGee swemskool.

In swem kry mens basies Level 1, 2 en 3. Swemmers moet sekere tye swem om te kwalifiseer vir level 1, 2 of 3.  Tien-jariges en onder kan net level 1 swem, level 2 begin eers by 11 jaar en level 3 is waar hulle byvoorbeeld genooi word vir die internasionale spanne, natuurlik elke swemmer se droom om n level 3 tyd te swem.  Een van ons leerders, Bernelee Doster het byvoorbeeld al level 2 tyd geswem maar sy moet nog aan level 1 deelneem want sy is te jonk vir level 2.
 
Swemseisoen strek vanaf April tot einde Maart.  Einde Maart is Regionals (gelykstaande aan SAs), daar neem Afrika lande en al die klubs teen mekaar deel.  Jy kan slegs aan Regionals deelneem indien jy level 1 tye het.
 
Daar is dan ook  "open water" waar hulle ook kan kwalifiseer indien hulle sekere tye swem maar dit is eers van 12 jarige ouderdom af.

Adres: 219 Monumentweg, Johannesburg, 1619

 

Foon:011 972 2395

 

 

 
 
          
          
 

  

LAERSKOOL IMPALA WAAR ONS LAG, LEEF EN DROOM IN GELOOF