Handelinge 1: 8-11 “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”

 Hemelvaart is ‘n baie spesiale dag vir beide Laerskool Impala se personeel en Spog-Impies! Dit is ‘n dag waar ons as Christene, Jesus se opstanding op ‘n spesiale en kreatiewe manier kan vier deur middel van duisende ballonne!

Ons CSV-personeel is met elke Hemelvaart-geleentheid vroeg uit die vere om reeds om 03:30 te begin om ‘n 1250 helium ballonne op te blaas. Linte word gesny en aan die ballonne vasgeknoop sodat elke leerder in die skool  (Gr. R-7) sy eie spesiale Hemelvaartballon kan kry.

 Tydens Bybelperiode ontvang elke Impie sy ballon en beweeg uit na die rugbyveld. Daar sing ons Impies lekker saam lof - en aanbiddingsliedere en ontvang ‘n kort geestelike boodskap. Na die boodskap begin mnr. Gouws aftel vir die leerders om soos een man hul ballonne in die hemelruim los te laat! Dit is ‘n ongelooflike gebeurtenis om te aanskou!!

Laerskool Impala het al terugvoering ontvang  dat ons ballonne opgeëindig het so vêr as Alberton en Centurion!

Elke Impie sien met rede uit na Impieland-Spogland se viering van Hemelvaart. Nog ‘n pragtige voorbeeld van Christenskap wat by Impala uitgeleef word.

 

Hemelvaart 2016
 

 Laerskool Impala vier in 2015 weereens Hemelvaart op die gepaste wyse. Maar.... hierdie jaar doen ons dit op `n meer spesiale wyse. Mnr Gouws, ons hoofdogter (Mari-Lou Zaayman) en hoofseun (Stefan Pretorius) het 3 wit duiwe losgelaat. Daarna het ons 47 duiwe losgelaat wat ons `n totaal van 50 duiwe gee wat ons 50 jaar viering uitbeeld.

In die Bybel word die heilige gees in die vorm van `n duif uitgebeeld. En dit is wat ons Impies hier by Impieland ervaar. Hierdie is `n dag wat ons vier waar God na die hemel opgevaar het om ons plekkie daar by Hom voor te berei.

Jesus wil hê dat ons vir Hom dissipels op aarde moet maak. By Impieland maak ons dissipels van Jesus.

Daarna het al ons Impies elkeen `n ballon in die lug laat opgestuur wat ons boodskap aan die gemeenskap asook die persone wat die ballon kry wanneer hy weer die grond raak, deur te gee dat ons kinders van Jesus is en dat ons omgee vir ander.

Dit was `n wonderlike ervaring en gebeurtenis! Ons is so bevoorreg om hierdie dag te kon vier.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 
          
          
 

  

LAERSKOOL IMPALA WAAR ONS LAG, LEEF EN DROOM IN GELOOF