Dit is ‘n jaarlikse instelling by Laerskool Impala om die nuwe skooljaar te begin met ‘n kerkdiens. So word verseker dat die jaar reg begin word en leerders gemotiveer word vir die jaar wat voorlê. Hierdie kerkdiens vind gewoonlik plaas op die eerste vrydag nadat die nuwe skooljaar in Januarie begin het. Die Nederduits Gereformeerde Kerk, Riebeeckpark bied jaarliks die dienste van hulle leraar aan en stel hulle fassiliteit aan die leerders en onderwysers van Laerskool Impala beskikbaar. Op die besondere dag word die leerders onder toesig van die bekwame onderwysers vergesel na die kerkgebou wat in Kweperlaan geleë is.

 

Kerkdiens 2015

Laerskool Impala het op 16 Januarie 2015 hul tradisionele jaarlikse kerkdiens bygewoon. Ons is trots om te kan sê dat ons ons 50ste bestaansjaar op die gepaste wyse begin het. Dit was ook die eerste keer dat ons die kerkdiens op ons pawiljoene gehou het... en die geleentheid oopgemaak het vir ons ouers om by te woon. Ons het amper `n halwe pawiljoen vol ouers gehad. Die boodskap was ongelooflik en ons Impies en ouers het hande gevat en die Here se naam geloof en geprys. Wat `n belewenis!!!!!!!

 

 

 
 
          
          
 

  

LAERSKOOL IMPALA WAAR ONS LAG, LEEF EN DROOM IN GELOOF