Eie aan die Impies se tradisie, gaan die Impies nou by meer liefdadigheidsorganisasies betrokke wees. Elke graad groep gaan by ‘n vooraf ge-identifiseerde organisasie betrokke wees. Die gedagte is nie om geld by ons ouers te bedel nie maar eerder ons kinders betrokke te kry en hulle bewus te maak van hul verantwoordelikheid in ons onmiddelike samelewing. Hou gerus die skool se facebook dop vir fotos en terugvoer soos projekte kwartaaliks aangepak word.

 
 Hoof: Me M vd Merwe & Me C Fourie
 Projekte onder leiding van Graadhoof
 Gr R: Brei projek vir MARMANET SORGEENHEID: Kwartaal 4
 Gr 1: Uitdeel van “lekkergoed” ARWYP KINDERSAAL: Kwartaal 1
 Gr 2: Skryfbehoefte benodighede vir IMPALA se BEHOEFTIGE leerders: Kwartaal 2
 Gr 3: Koekies en konsert vir HERFSLAND OUETEHUIS: Kwartaal 2
 Gr 4: Skoene projek vir CAP: Kwartaal 3
 Gr 5: R2 projek vir HELPENDE HAND: Kwartaal 3
 Gr 6: Spesiale Projek CANCA/CHOCK: Kwartaal 1
 Gr 7: Hondekos, katkos en stap met ‘n hond projek vir DBV: Kwartaal 4

 

 

 
          
          
 

  

LAERSKOOL IMPALA WAAR ONS LAG, LEEF EN DROOM IN GELOOF