`n Suksesvolle 2018 is agter die rug. Impala is 53 jaar oud en nog vol lewenskrag. In 2019 gaan ons weer aan die Kemptonparkse Kunswedstryd deelneem. Ons gaan leerders inskryf vir: Voorgeskrewe Poësie, Onvoorbereide lees, Prescribed Poetry, Unprepared reading en ook vir verskeie sangitems. Daar word ongeveer 10 leerlinge per graad per item ingeskryf. Leerlinge mag ook privaat inskryf. Alle nodige inligting, sillabus ens. is op die web beskikbaar by www.kempkuns.co.za.
Algemene inligting oor Redenaars
Laerskool Impala wil elke leerling die geleentheid bied om op verskeie areas te presteer en met gemak te kan deelneem. Ons streef dus ook daarna om vir elke Impie die geleentheid te bied om voor ‘n gehoor op te tree deur ‘n toespraak te lewe.
Redenaars op skoolvlak is meer as net ‘n praat- kompetisie. Redenaars help met baie fasette van ontwikkeling bv. selfbeeld, selfkonsep , selfvertroue asook om kommunikasievermoëns te verbeter.
Tans presteer net die leerlinge wat deur dramaskole afgerig word, maar ons wil elkeen die geleentheid hiervoor bied.
Ons gaan dus van die begin van die jaar leerlinge geleentheid gee om redenaarstoesprake voor te berei en deel te neem aan ons Interne kompetisies , maar ook deelname aan Radikale Redenaars en ATKV aanmoedig.
Redenaars 2019:
Die Afrikaanse onderwerpe vir die ATKV-Redenaarskompetisie vir 2019 is bekend gemaak.
Die Groter Kempton Park Redenaars het ook die Engelse onderwerpe bekendgestel.
Afrikaans Engels
Graad 1 tot graad 3 Graad 1 tot 3
(21 Februarie)
Maniere Bags
Droom Joy
Jok Music
Graad 4 tot graad 5 Graad 4 tot 5
(20 Februarie)
Spaar Careful
Kuns Stones
Frons Survive
Graad 6 en graad 7 Graad 6 en 7
(19 Februarie)
Vrees Face
Dink Power
Dans Lies
Ons sal vroeg in 2019 verdere inligtig rakende Redenaars aan u deurgee!
Groete
Me I Weenink en Me L Mulder