Revue

Revue

Laerskool Impala se Revue is enig van sy soort. Elke jaar neem talentvolle kinders aan Nasionale kompetisies deel en draai behoorlik die beoordelaars se koppe! Kompetisies waaraan ons deelneem is ons eie Kunswedstryd, Tswane Youth Arts Festival en Kaleidoscope. Ons sien uit, saam met ons choreograwe na nog `n suksesvolle Revue jaar in 2017. Dit alles kan moontlik gemaak word deur harde werk en ondersteunende ouers. Sterkte aan ons Junior en Senior Revue-groepe vir al die uitdagings wat voorlê in 2017.

Oefentye 2017

Revue-oefentye sal op ons kultuurdae plaasvind nl. Maandae en Vrydae middae. Sommige Saterdae sal daar ook op ons Revue maats se knoppies gedruk word. Oefentye is as volg:

 

Maandae: Juniors 14:00 - 16:00, Seniors 16:00 - 18:00

Vrydae: Seniors 13:30 - 18:00

 

Revuegroete 

 
 
          
          
 

  

LAERSKOOL IMPALA WAAR ONS LAG, LEEF EN DROOM IN GELOOF