Laerskool Impala se Revue is enig van sy soort. Elke jaar neem talentvolle kinders aan Nasionale kompetisies deel en draai behoorlik die beoordelaars se koppe! Kompetisies waaraan ons deelneem is ons eie Kunswedstryd, Tswane Youth Arts Festival, SA's, 8 Beat en Kaleidoscope. Ons sien uit, saam met ons choreograwe na nog `n suksesvolle Revue jaar in 2019. Dit alles kan moontlik gemaak word deur harde werk en ondersteunende ouers. Sterkte aan ons Junior en Senior Revue-groepe vir al die uitdagings wat voorlê in 2019.

Oefentye 2019

Revue-oefentye sal op ons kultuurdae plaasvind nl. Maandae en Vrydae middae. Sommige

Saterdae sal daar ook op ons Revue maats se knoppies gedruk word. Oefentye is as volg 

Maandae: Juniors 14:00 - 16:00, Seniors 16:00 - 18:00

Vrydae: Seniors 14:00 - 17:00

Optree datums:

TYAF: 23 Julie - 7 Augustus

Kaleidoscope: 12 Augustus - 26 Augustus

Kaleidoscope JNR Finale: 29 Augustus

Kaleidoscope SNR Finale: 31 Augustus

Lefra: 2 - 7 September

SA Kampioenskappe: 26 Augustus - 1 September

Revuegroete