Voortrekkers

Voortrekkers

Die Voortrekkersis ‘n kultuur organisasie wat fokus op:

• Modern Afrikanerskap – ons praat Afrikaans, leer die Afrikaner se geskiedenis en bevorder Afrikaans 
• Positiewe Burgerskap  - ons leer om trots Suid-Afrikaans te leef
• Konsekwente Christenskap – ons geloof in ons Drie-enige God bepaal ons werkswyse

Waarvan die kinders hou:
• Avontuur in die natuur te beleef 
• Uitstappies na monumente en ander gedenkwaardighede
• Speletjies aande
• Besoek aan die ouetehuis
• Openinge met skriflesing en gebed
• Pret te hêsaam met hul spanmaats
• Te leer om as groep saam te werk
• Kampe op verskillende vlakke by te woon bv as span, kommando of as deel van die groter gebied.

Waaroor ouers kinders graag by die Voortrekkers wil hê: 
• ontwikkel leierseienskappe 
• ontwikkel selfvertroue by kinders
• jou kind oefen prakties wat op skool geleer word
• ouerskan ook betrokke wees
• ongelooflike ervarings wat dikwels nie as individue beleef kan word nie bvoorslaap in ‘n museum 
• blootstelling aan wye verskeidenheid van aspekte van die lewe
• stimuleer kinders se belangstelling in verskillende rigtings
• elke kind kry aan die einde van die jaar erkenning

In graadverband fokus die spanne op die aanleer van spesialisasies soos Kind van Jesus, Gestremdhede, Spoorkennis, Boeresport, Roeikuns, Weerkennis, Medemens, Gedenkwaardighede, Persoonlike Versorging, Ruiterkuns, Sterrewaarneming, Strandbewustheid, Veldbewustheid en beleef hope pret en avontuur op ons kampe!Ons  kalender is volgelaai met opwindende kampe en aktiwiteite!
Byeenkomste:
Impala “Vories” kom elke Dinsdagmiddag vanaf 17:15 tot 18:15 bymekaar by Woepel Doepel Kleuterskool in Rooibosstraat agter Laerskool Impala

Kostes: 
Vir 2017 is die kostes vir Penkoppe en Drawwertjies (Gr. 1-7) R570 vir eerste lid, R540 vir tweede lid, R510 vir derde lid. Dit sluit die boekies waaruit gewerk word in, maar nie kampe, speletjies aande en ander uitstappies nie.Verskeie aktiwiteite, insluitend kampe, word aangebied teen so 'n lae koste as moontlik.

Kleredrag 
Aktiewe drag - golfhempie (rooi of blou), denim broek, en blou onderbaadjie vanaf Graad 3 (vir kentekens en jare diens).
Spandrag - word deur die span besluit

Kontak besonderhede:
Kommandoleier:     Annelie du Plessis 082 336 7351
Adjunk Kommandoleier Administrasie: Liezl Ellis 082 707 2185
Skakels:
Amptelike webblad van die kommando: 
www.impalavoortrekkers.org.za
Nasionale Voortrekkerblad : 
www.houkoers.co.za 

Kom maak ‘n draai by een van ons byeenkomste en besluit vir jouself wat Voortrekkers werklik is, baie meer as wat woorde ook kan vertel. 

 
          
          
 

  

LAERSKOOL IMPALA WAAR ONS LAG, LEEF EN DROOM IN GELOOF