Skoolreëls word daar gestel vir die veiligheid van ons kleuters, om hulle opvoeding te bevorder en tot die welsyn van ons Gr. R-sentrum by te dra.

 

1. Skoolterrein

  • Hou ons terrein skoon.
  • Papiere word opgetel en in vullisdrom gegooi.
  • Moenie brood en afvalkos rondstrooi nie.
  • Moenie teen mure krap met voorwerpe nie.
  • Daar word nie op stoepe gehardloop nie.
  • Geen leerders mag naby palisades speel nie.
  • Speel versigtig op klim-apparate ens.

 

2. Kleedkamers

  • Toiletroetine word aangeleer en leerdertjies sal besoek aflê voor klastyd en weer na speeltyd.
  • Geen kos word in kleedkamers toegelaat nie.
  • Mag nie in kleedkamers speel nie.
  • Moenie met toiletpapier mors nie.
  • Spoel toilet na gebruik.
  • Was handjies nadat jy in toilet was.
  • Hang altyd handdoeke op na gebruik.
  • Handdoeke mag nie op die vloer lê nie.
  • Krane moet styf toegedraai word.
  • Mag nie met water speel nie.                                        

 

3.  Motors

Leerders mag nie by of tussen motors speel nie. Ouers laai kinders buite terrein af en stap saam met die leerder in terrein in. Ouers mag nie voor motorhek stop nie.

 

4. Hekke

Hekke sal gedurende skoolure gesluit wees. Alle leerdertjies moet binne terrein wag vir hul ouers. Geen leerders mag by die hekke speel nie.

 

5. Saal

   

6. Administratiewe Blok

 

  • Leerders word nie toegelaat in die kantoor , personeelkamer of kombuis nie, slegs onder toesig. 
  • Geen leerders sit op meubels in kantoor/personeelkamer nie.
  • Leerders word alleenlik toegelaat as hul behandeling vir beserings moet kry of deur onderwyseres gestuur is.

 

7. Speelgrond

  •  Geen tassies, kosblikke of koeldrankbottels word op die speelgrond toegelaat nie.  
  •  Leerders eet voor speeltyd en bêre tassies weer in die klas.
  •  Geen tassies lê op stoepe rond nie.                                         

 

 
 
          
          
 

  

LAERSKOOL IMPALA WAAR ONS LAG, LEEF EN DROOM IN GELOOF