Skoolure : 08:00 - 13:00

 

Naskoolsentrum

Die Gr-R naskoolsentrum funksioneer heeltemal apart van die Laerskool.  Ons maats bly by die sentrum waar hulle veilig in hul omgewing na omgesien sal word. 

Die naskool sal deur die vakansie ook beskikbaar wees. Daar sal elke vakansie ‘n vakansieskool wees.

Naskool ure:        

13:00 Middagete

15:00 Versnappering en Koeldrank

17:30 Naskool sluit (somer & winter)

Ons vra vriendelik dat ouers ons naskool-maats stiptelik sal kom afhaal.  Elke Jakker wat afgehaal word vanaf 13:00, word uitgeteken deur sy/haar ouer of gemagtigde persoon om u kind se veiligheid te verseker. Geen kind sal toegelaat word om te gaan indien hy/sy nie uitgeteken is nie.

 

 
 
          
          
 

  

LAERSKOOL IMPALA WAAR ONS LAG, LEEF EN DROOM IN GELOOF